Hettie

du Plessis

Admin area

Atom

04/25/2016

‘Kom ek koop ‘n vinnige kar en ry hom STADIG!’

In Kathu het ons die tendens dat mense vreeslike vinnige karre koop, maar dan ry hulle super stadig daarmee. Ek kan my net indink hoe dit moes wees toe hulle daardie plan uitgedink het: “Kom ek koop ‘n vinnige kar en ry hom STADIG!”

20z5mow.jpg
Dit het my egter laat dink. Is ons nie ook maar baie maal soos daardie vinnige karre wat sit en poer-poer op 20km/h nie. Bereik ons regtig ons volle potensiaal van 200+km/h?

Ons almal (in Kathu) weet hoe frustrerend dit is om agter daardie motoris te beland wat 20km/h ry. Is ek en jy dalk besig om met ons lewens motoriste agter ons te frustreer, omdat ons net voort ploeter en hulle verhoed om hulle volle potensiaal te bereik?

Ek laat die gedagte by jou. Ek weet ek gaan nog ‘n ruk lank daaroor tob!

Admin - 23:19:45 | Add a comment

Add comment

Fill out the form below to add your own comments