Hettie

du Plessis

Admin area

Atom

04/18/2016

My eerste blog - van katte wat pos kry tot ‘n hoendervleismooi liefdesverhaal

Ek dreig darem nou al jare en jare om te begin blog. Dit was altyd so cool as Lizzy McQuire oor haar lewe geblog het. Nou is die tiener blogger ‘n 28-jarige vrou. En na 15 jaar (kan jy dit glo!) se droom om te blog, skryf ek nou my eerste blog.

635739852755177591-1459640717_lizzie.jpg  640_Hilary_Duff_Getty_503631266.jpg

Ek het besluit om nuwe asem in my Kathu Gazette rubriek, Manjifiek Mannin te blaas deur dit in ‘n blog te omskep.
Ek het die ses rubriek inskrywings ook op my blog geplaas. Dit is in 2013-2014 geskryf en my lewe het intussen natuurlik ‘n bietjie verander. Hier is ‘n vinnige opdatering.

Magda uit my rubriek oor “Die waarde van vriendskap” is steeds my beste vriendin en ons het pas haar 30ste verjaarsdag gevier, met ‘n 1920’s tema. Ek het intussen my droomman ontmoet. Ons is al ‘n jaar en sewe maande saam. Hy is so effens jonger as ek. Kom ons stel dit so – my en Magda se vriendskap is net so oud soos Phillip! Magda en Zack is net so week korter bymekaar as ek en Phillip. Hy is ook jonger as Magda, maar darem net ‘n paar maande.

12670813_578267272341173_6608585793275774928_n.jpg

In November 2013 het ek ge“Pause vir Ouma se melktert”. In 2016 het ek daardie selfde handgeskrewe resepte laat fotostateer en ‘n skinkbord met familie-geskiedenis gemaak wat by die tema van my kombuis pas!

skinkbaor.jpg

Die enigste foto van my en my ouma Hettie saam, is een waar ek nog ‘n baba was en my oumagrootjie Esther en tannie Esther ook op die foto is. Hieruit wil ek net sê – laat neem jou kinders saam met hulle Ouma af – jy weet nooit hoeveel tyd hulle nog saam het nie. Jy kan natuurlik sommer vir my vra om die foto’s te neem… ;-)

Die skinkbord was ‘n VLV- projek en ek moet sê ek geniet die VLV ongelooflik baie. Dis voorwaar ‘n platform waar ek my kreatiwiteit en vrouwees kan uitleef. Kyk gerus onder “Fotografie” en “Skryfkuns” op my webwerf hoe hulle my beloon vir my foto en skryfsels. 

Ek lees nou weer “Muis kry sy deksel”, waar my plaas kat, Delila nie ‘n muis wou vang nie. Intussen het ek twee nuwe katjies gekry – Harley en Davidson. Harley het juis vanoggend ‘n brief in die pos gekry. (Ek dink sy moet bietjie haar deel van die posbus begin betaal). Ek en Phillip het toevallig die naweek gepraat oor wie se van ons kat-kinders behoort te hê. Wel, daar is die antwoord – swart op wit – Harley du Plessis. (Lyk my ek het gewen!)
Terloops - hier broei beslis ‘n kinderstorie oor die kat wat briewe in die pos kry…
Magda se hondjie, Moses, kry een van die dae ‘n vroutjie en haar naam is vreemd genoeg ook Delila.

HD.jpg
Harley du Plessis.jpg

In “Régtig skoolgereed” verwys ek daarna dat ek gedink het die koshuis is soos Hansie en Grietjie se lekkergoedhuisie. Deesdae is alles so suikervry en vetvry en glutenvry en smaakvry! Sou die heks hulle met ‘n glasie water of ‘n seldery stokkie moes lok?

Oor “Liefde bestaan wel nog” – ek het die mooiste storie op Facebook raakgelees. Dit gaan oor ‘n seuntjie en dogtertjie wat die klein bruid en bruidegom op ‘n troue was. 27 jaar later is dieselfde seuntjie en dogtertjie, Kobus en Lindi Venter met mekaar getroud. Hulle het pas hulle 27ste huweliksherdenking gevier!

12938118_776337382497559_3176429137430293145_n.jpg
1004868_448261261971841_4489956854238798693_n.jpg

Kobus sê: “Dit is ek en Lindi se feeverhaal, klein bruid en bruidegompie. Die Sondag na Lindi se ousus, Toekie en André du Toit se troue kon ek onthou hoe hartseer ek was oor ons moes terug ry Joburg toe en ek mag nie my bruidjie saam vat nie. En toe jare later in my Matriek jaar, 1984 ontmoet ek weer vir Lindi op die plaas in Stella. Die jaar later is ek weermag toe en beland in 1985/6 in 8 S.A.I. te Upington in die weermagkamp. En ja, soos dit die Here se Wil is, lê Vryburg halfpad tussen Upington en Roodepoort. Op pad huistoe met ‘n 14 dae pas ontmoet ek weer vir wie in Zansu padkafee in Vryburg? Lindi! Op 8 April 1989 het ek my bruid - waarvoor ek so lank moes wag van kleins af, die keer voor die kansel gekry. God stap ‘n baie spesiale pad saam met my en Lindi. Daar is min huwelikspare wat met so ‘n storie kan spog. En dit alles te danke aan ons Hemelse Vader. My boodskap as bruidegom aan alle voornemende manne wat sy “Regte Lewensmaat soek. “Byt vas.” Hou aan glo en bid vir die regte lewensmaat want elke huwelik kan ‘n sukses wees. Alle huwelike kan enduit gaan. Wat God saamgevoeg het, mag niemand skei nie.”

Ek kry skoon hoendervleis elke keer wat ek dit lees.

Magnifique – Frans praat en ballet moes intussen plek maak vir kinderstories skryf. Dis my doelwit vir die jaar om ‘n kinderboek te publiseer en ek kan met trots sê dat dit nou letterlik net ‘n kwessie van tyd is!

12931147_10154715547044377_235238449275474385_n.jpg

Ek het darem die eiffeltoring besoek… al was dit net die een by die French Toast koffiekafee.

IMG-20160415-WA0002.jpg
IMG-20160415-WA0003.jpg

Admin - 17:29:50 | 1 comment

  1. Custom essay writing service

    10/31/2017

    Very interesting and very informative site I guess this is very useful for me Have such fine writing skills and keep up the more fantastic work This is my first time visit in here and I am very really pleasant to read all at one place thank you so much.

Add comment

Fill out the form below to add your own comments