Hettie

du Plessis

Admin area

Atom

02/24/2016

Magnifique

Die woordeboekbetekenis vir “manjifiek” is “pragtig, skitterend en heerlik”.
Ballet aan die een kant en die Franse taal aan die ander kant, is vir my die absolute versinnebeelding van “manjifiek”.
Met vier volwasse balletklasse agter die rug en my Franse studiegids wat eersdaags in die pos sal arriveer, voel ek vandeesweek waarlik Manjifiek Mannin.

magnifique.jpg

Met pragtige, sysagte, vroulike bewegings en gepunte tone.
Skitterend  letterlik en figuurlik.
Kostuums met fyne blinkers en ballerina-passies waar geoefende spiere wat in perfekte harmonie saamwerk.
Heerlik.
Al sweef ek dalk nog soos ‘n feëprinses oor die dansvloer nie, geniet ek elke oomblik.
Met gepunte tone trippel ek van nou af terug op my Franse wortels van moeders- en vaderskante. Plié en relevé ek totdat ek dalk eendag self die Eiffeltoring van naby kan bewonder en le chocolat chau in die taal van my voorvaders bestel.

Soos gepubliseer in Kathu Gazette se uitgawe van 22 Februarie 2014.

Admin - 20:12:15 | Add a comment