FlatPress My FlatPress blog FlatPress Admin 2017 2017-12-11T18:55:41+00:00 Admin ~/ 'Kom ek koop 'n vinnige kar en ry hom STADIG!' ~/?x=entry:entry160426-011945 2016-04-25T23:19:45+00:00 2016-04-25T23:19:45+00:00

In Kathu het ons die tendens dat mense vreeslike vinnige karre koop, maar dan ry hulle super stadig daarmee. Ek kan my net indink hoe dit moes wees toe hulle daardie plan uitgedink het: “Kom ek koop ‘n vinnige kar en ry hom STADIG!”

20z5mow.jpg
Dit het my egter laat dink. Is ons nie ook maar baie maal soos daardie vinnige karre wat sit en poer-poer op 20km/h nie. [Read More…]

My eerste blog - van katte wat pos kry tot 'n hoendervleismooi liefdesverhaal ~/?x=entry:entry160418-192950 2016-04-18T17:29:50+00:00 2016-04-18T17:29:50+00:00

Ek dreig darem nou al jare en jare om te begin blog. Dit was altyd so cool as Lizzy McQuire oor haar lewe geblog het. Nou is die tiener blogger ‘n 28-jarige vrou. [Read More…]

Magnifique ~/?x=entry:entry160224-211215 2016-02-24T20:12:15+00:00 2016-02-24T20:12:15+00:00

Die woordeboekbetekenis vir “manjifiek” is “pragtig, skitterend en heerlik”.
Ballet aan die een kant en die Franse taal aan die ander kant, is vir my die absolute versinnebeelding van “manjifiek”.
Met vier volwasse balletklasse agter die rug en my Franse studiegids wat eersdaags in die pos sal arriveer, voel ek vandeesweek waarlik Manjifiek Mannin. [Read More…]

Die Liefde Bestaan Wel Nog ~/?x=entry:entry160224-210147 2016-02-24T20:01:47+00:00 2016-02-24T20:01:47+00:00

Vandeesweek het ek gesien dat die liefde wel nog bestaan.
Ek het ‘n rukkie gelede statistieke gelees dat ongeveer 50% van huwelike in egskeiding eindig, en slegs 2% van die res werklik gelukkig is. Dit kan ‘n mens mismoedig maak, maar om onderhoude met daardie gelukkige paartjies te doen, het my weer nuwe hoop gegee. [Read More…]

Régtig Skoolgereed? ~/?x=entry:entry160224-204153 2016-02-24T19:41:53+00:00 2016-02-24T19:41:53+00:00

Met al die trane wat ons die afgelope tyd met die haasbekkies se eerste skooldag ervaar het, kon ek nie anders as om aan my eerste dag in die “groot skool” te dink nie.
“Jy gaan koshuis toe,” het my ouers my lank voor die tyd begin voorberei. Maar hoe moes ek weet wat ‘n koshuis is. [Read More…]