Hettie

du Plessis

Admin area

Atom

02/24/2016

2014 : Muis kry sy Deksel

Die ou gesegde wat lui: “As jy iets gedoen wil hê, doen dit self,” het hom in 2014 op ‘n baie vreemde manier aan my openbaar.
Ek was voor die spieël besig om gereed te maak vir die eerste werksdag van die jaar toe ek hom sien… ‘n uitgevrete lummel van ‘n muis wat onder my kas in skarrel. Met die eerste oogopslag was ek oortuig hy is die tipe wat gereeld in straatgevegte betrokke raak, want ek was seker hy het ‘n deel van sy stert só verloor. (Net om later uit te vind dat sy bloedlyn almal kort sterte het).

muis.jpg

Ek het my kat, Delila, gaan haal om hom te vang (of te verlei), maar sy het glad nie belanggestel in hierdie kortstert stommerik nie. Selfs nie eens toe hy doodluiters voor haar verby paradeer het sy twee maal na hom gekyk nie.
Dit is tóé dat ek besluit om die (ge)reg in eie hande te neem en die booswig self aan die pen te laat ry. Ek het my asdrommetjie se deksel oor hom gegooi. Hy was so vas soos ‘n muis in ‘n kalbas! Ek het my eie muis gevang  dit is meer as wat ek van Delila kan sê…

Soos gepubliseer in Kathu Gazette se uitgawe van 25 Januarie 2014.

Admin - 19:19:27 | Add a comment

Add comment

Fill out the form below to add your own comments