Hettie

du Plessis

Admin area

Atom

02/24/2016

‘Al was ek nie daar nie’

Kan jy jouself indink hoe dit sou wees as Jesus vandag in Kathu gebore sou wees?
Sterre wat skitter, goud wat in jou reissak glinster en ‘n eng’lekoor wat sorg vir die vermaak. Dink net hoe sou die koerantopskrifte lui.

Koerantopskrifte.jpg

Wat sou daardie stalverblyf hulle uit die sak jaag, met elke millimeter wat deesdae in Kathu verhuur word?
Hoeveel van ons sou dan nog die storie glo?

My wens vir jou hierdie Kersfees is…

Goud
Goud is ‘n simbool van Jesus se Koningskap.
Mag jy met rykdom geseën word.
Dalk ‘n goue ring? My ouers het destyds op Oukersaand verloof geraak. Wie wil dan nie so ‘n spesiale stukkie goud vir Kersfees hê nie?

Wierook
Wierook is ‘n simbool van aanbidding, want Hy is God en moet vereer en aanbid word.
Mag jy die welriekendheid van geluk ervaar en geskenke soos parfuum ontvang.
Ek onthou een dag wat my ma wierook in die sitkamer gebrand het. My pa het by die huis ingekom en die gesprek het as volg afgeloop:
Pa: “Wat ruik so?”
Ma: “Wierook in die sitkamer.”
Pa: “Niemand, maar wat ruik so?”
Ma: “Wierook in die sitkamer.”
Pa: “Niemand rook in die sitkamer nie, wat ruik so?”
Ma: “Ek brand wierook in die sitkamer.”

Mirre
Mirre is die gedroogde sap van bepaalde bome. Vandag word dit nog as antiseptiese middel gebruik in tandepaste en mondspoelmiddels. Want Hy bring genesing.
Mag jy goeie gesondheid en genesing beleef. Elsabé van Vuuren vertel my dat sy graag heerlike gesonde kos as geskenk aan haar familie gee. Hoe kosbaar is dit nie?

Mag hierdie Kersfees gevul wees met pragtige Kersliedere, klokkespel, opregte vreugde en liefdesgeregte. Voorspoed vir 2014.

Soos gepubliseer in Kathu Gazette se uitgawe van 14 Desember 2013.

Admin - 18:56:37 | Add a comment