Hettie

du Plessis

Admin area

Atom

02/24/2016

Die Waarde van Vriendskap

Waarde van Vriendskap.jpg
Elke vrou het ‘n beste vriendin nodig. Soos die karakters in die film Bride Wars wat altyd geweet het hulle sal mekaar se hoofstrooimeisies wees. Al soek sy nog die man, is jou plekkie langs haar in die kerk lank reeds gereserveer. En andersom, sy natuurlik langs jou op jou groot dag (solank dit nie in pienk is nie).
Sy weet hoe jou hart klop en jy verstaan hoe sy dink. Sy is die een wat jy met jou hartsgeheime vertrou, omdat julle mekaar so onvoorwaardelik aanvaar.
Tyd saam met haar pas gerieflik in jou dagboek, en in haar besige skedule maak sy tyd vir jou probleme. Julle skree vir dieselfde rugbyspan en leer mekaar se stokperdjies aan.
Dis ‘n groot bederf om net ‘n uur by haar te wees. Saam vakansiehou en ná soveel jare steeds mevrou-mevrou speel met hoëhakskoene en wye-randhoede, laat mens besef…
beste vriendinne is die feëverhale van die lewe. Hulle was daar van eendag lank lank gelede af, en sal nog lank en gelukkig saam lewe!

Soos gepubliseer in Kathu Gazette se uitgawe van 16 November 2013.

Admin - 18:17:28 @ common | Add a comment

Add comment

Fill out the form below to add your own comments